arrow arrow
du Plessis, Barend Gerhardus
(1790-1862)
de Villiers, Rachel Catharina
(1796-1856)
Malan, Gideon Stephanus
(Abt 1799-)
du Preez, Helena
(Abt 1799-)
du Plessis, Jan Gabriël
(1821-1896)
Malan, Aletta Regina
(1824-1873)

du Plessis, Jan Gabriël
(1855-1943)

 

Family Links

Spouses/Children:
1. Malherbe, Margaretha Elizabeth

2. Malan, Helena Johanna
3. van der Spuy, Anna Hildegonda (Annie)
4. Vlotman, Helena Susanna

du Plessis, Jan Gabriël

  • Born: 1855 Nov 27, Wellington, Western Cape, South Africa
  • Marriage (1): Malherbe, Margaretha Elizabeth on 1877 Sep 12
  • Marriage (2): Malan, Helena Johanna on 1909 Mar 31
  • Marriage (3): van der Spuy, Anna Hildegonda (Annie) on 1912 Sep 17
  • Marriage (4): Vlotman, Helena Susanna on 1924 Aug 26
  • Died: 1943 Dec 30, Paarl, Western Cape, South Africa aged 88
  • Buried: Klein Drakenstein, Western Cape, South Africa
picture

bullet  General Notes:

Go to Photo Gallery

Volgens Greyvenstein *27/11/1855 + 30/12/1943 volgens foto agterkant *27/12/1855+30/10/1943

From: Willem Liebenberg
Sent: 20 July 2011 21:45
To: danie@farr.co.za <mailto:danie@farr.co.za>
Subject: Family Tree

Goeie dag Oom Danie,

Dit wil voorkom asof ons 'n voorouer of twee ingemeen het, nl. Jan
Gabriël du Plessis and Margaretha Elizabeth Malherbe.

My Ouma-Grootjie was Gertruida Petronella (Tiekie) du Plessis - Sy word aangewys as Gertruidz, ek dink dis 'n fout aangesien dit 'n
V.O.C. (Hollandse) spelvorm was, wat nie meer so geskryf was in die 1800's nie. U dui haar aan as Gerty, terwyl dit volgens my Tiekie
was, haar dogter weet ek wel was Gerty. My Ouma (haar dogter) is Carolina Catharina (Babs) Liebenberg, nee Greyvenstein. U gee haar
aan as Carolina Regina wat nie korrek is nie, haar jongste suster was Regina wel, sy is Carolina Catharina Greyvenstein (Liebenberg)

U datums is korrek op eerste oog opslag - Ek het fotos van die Greyvensteins en Du Plessis as u belangstel.

Ek sien 'n paar ander foute by die Liebenbergs, maar ek vermoed u stel nie aan dit belang nie, aangesien dit nie op u stamboom van
toespassing is nie.... Indien u wel die foute sou wou reg maak kan u my laat weet en ek sal die inligting deurgee.

Ek het fotos natuurlik van Tiekie du Plessis en Andries Greyvenstein Ek het fotos van Jan Gabriel du Plessis as jong en ouer man, asook die
foto van Margaretha Elizabeth Malherbe.Dan natuurlik van my ouma en oupa Carolina Catharina (Babs) Greyvenstein en Willem Adriaan Jacobus Liebenberg (soos my pa)

Ek is dan Willem Adriaan Liebenberg gebore (1979 10 11) en nie Willem Adriaan Jacobus Liebenberg soos my pa en oupa nie.
My broer is John Liebenberg vernoem na my Ma se Pa John Mitchell. My ma is ook weer Sheila Mitchell nou Liebenberg en nie Shiela nie.
Haar ouers was John David (Basie) Mitchell en Anna Francina Catharina Liebenberg.

Groetnis, wou maar net my inligting deel.

Die volgende stambome het ek volledig dan op my register nageslaan as u ooit inligting op dit sou kortkom.

Liebenberg-stamboom
Mitchell-stamboom

Greyvenstein-stamboom
du Plessis-stamboom

vriendelike groete

Willem Liebenberg

------------------------------------------------------------------------------
2011/7/25
From : Danie Farr

Hallo Willem

Baie aangenaam om van jou te laat hoor.

Ek will baie graag hê die inligting in die stamboom moet so akkuraat as moontlik wees en dus waardeer ek jou terugvoering. Jy kan gerus vir
my laat weet waar daar foute met die Liebenbergs is sodat ek dit kan regstel.

Moontlik het jy gesien dat jou Ouma-Grootjie, my Oupa Daniel Gerhardus du Plessis se suster is - so jy is "n Agter kleinneef van my kinders.
Ek het weer na my bron gaan kyk wat deur 'n seun van haar opgestel is nl. Andries Jacobus Greyvenstein en jy is reg die spelling is verkeerd,
laatnagte en swak afdruk het die a na 'n z laat lyk.

Het vanoggend met Anna-Marie Zuurmond 'n niggie van my op Williston gesels wat jou Ouma-Grootjie geken het as kind. Haar ma Jacky Blignaut
(du Plessis) was 'n dogter van Daniel. Sy, Jacky en Tiekie het gedurende 1951/2 op De Doorns na my en my broer (Ek was 'n baba) kom
omsien terwyl my ma vir een of ander rede (blykbaar Galblaas) in die hospitaal was. Sy het haar geken as Tiekie. Kan jy glo dat sy 4 jaar
oud was en dat sy nog dit in soveel detail kan onthou.

Foto's het nogal vir my belangrik geword en asgevolg hiervan het ek "Photo Galleries" begin skep wat gekoppel is aan die spesifieke person
in die stamboom. Die idee is om die foto's beskikbaar te stel aan die familie en wie ook al sou belangstel. Natuurlik ook om dit in 'n mate te bewaar. Voorbeeld hiervan is Jan Gabriel du Plessis (1855), in die nota afdeling sal jy die koppeling "Go to Photo Gallery" sien.

Ek sal dit dus vreeslik waardeer as jy vir my enige foto's kan stuur wat relevant is. Dit moet net ten minste 'n resolusie van 300 dpi hê.
Soveel moontlik inligting sal natuurlik baie welkom wees.

Will net ook hoor of jy 'n problem sal hê as ek jou brief en my antwoord net so in jou notas in die stamboom kan plaas.

Familie groete

Danie
---------------------------------------------------------------------------------
From: Willem liebenberg

Ek het al gewonder oor die Du Plessis - Malherbe skakeling.... Ek vermoed daar was 'n sterk verbintenis tussen die ou Genootskap van Regte Afrikaners en die bogenoemde families, veral die Malherbes, maar ek sukkel om die defnitiewe koppelings te maak en dit raak soms net te moeilik om elke liewe geslagsregister op te swot in die Argief.

Nie te min, ek gaan gou na my argief en stuur my fotos deur.

Ja, my ouma grootjie was (volgens wat ek hoor) 'n wonderbaarlike mens.
Hulle het baie swaar gekry na haar man se dood. Sy was 'n onderwyseres, en het alleen haar kinders groot gemaak. Hulle het in die Oos-Kaap gebly, maar dinge het skynbaar ook maar swaar gegaan daar.

Terloops, my Ouma Babs is op die plaas Nooitgedaght gebore. Dink amper dit was haar neef se plaas, Daniel du Plessis of Malherbe.

Ek sien u het die name Daniel Gerhardus gerky, gewonder of daar moontlik 'n verbintenis was.

Ek stuur gou die fotos en ander bykomende inligting vir u stamboom.
-----------------------------------------------------------------------------
2011/11/16
Hallo Willem

Glo dit gaan goed

Ek het inligting van Stephanie Geyser, haar Oumagrootjie Aletta Ragina Malan was met Jan Gabriel du Plessis getroud, gekry wat gaan
oor 'n mootlike du Plessis /du Toit / Malan verbintenis met die Genootskap van Regte Afrikaners. Gaan kyk gerus na die nota afdeling
van Jan Gabriel du Plessis (1821)

Groete
Danie Farr
------------------------------------------------------------------------------
2011/11/16 willem liebenberg

Ek wou sê ek snuffel 'n rokie in die bos hier.... My ouma het self by Paarl Pos gewerk voor sy getroud was, en die voorganger hiervan was
die Afrikaanse Patrioot koerant...

Terloops sien aangeheg...

-------------------------------------------------------------------------------
From: Willem Liebenberg
16 November 201151
To: Danie Farr
Subject: Re: FAMILIE

Hallo Oom Danie,

Ek het so bietjie na die byvoegings op jou stamboom gekyk, dit was nou werklik baie interessant.

Daar was 'n ander feit wat my Ouma vir my voorheen vertel het, ek is nie seker of jy daarvan bewus was nie...
Ek het nooit geweet Jan Gabriël het van sy tweede vrou geskei nie...
Elkgeval, my ouma (Babs Liebenberg, nee Greyvenstein) het my vertel dat haar stief-ouma, Jan Gabriël se 2de, 3de of 4de vrou (sal Desember vakansie bevestig watter een) was deur 'n plaaswerker vermoor waarna die werker "voëlvry" verklaar was... Soos ek die storie het, het die werker toe terug gekom na die plaas na een van die kleurlingwerkers toe en by die vrou oorgebly, Jan Gabriël het hom gewaar, en toe in die kaja doodgeskiet, dis hoe ek die storie onthou, maar is nie seker of dit presies korrek is nie. Weet jy iets hiervan, indien nie, sal ek Desember vakansie net weer die details by my ouma kry.

Het jy gister Danie du Plessis se poskaart gekry. Interresant dat hy by die Schutztruppe aangesluit het. Dit moes seker gewees het tydens die Herero rebellie (wat in volksmoord geeìendig het) of net daarna...

Groete,

Willem
----------------------------------------------------------------------------
17/11/2011

Hallo Willem

Het jou poskaart gekry - baie dankie - net jammer my stamboom het nie die besonderhede van die "Malherbe" wat dit ontvang het nie.

Jy het al genoem dat Jan se een vrou vermoor en dat hy een van hulle geskei het. Jy sal beslis ouma Babs se geheue moet tap as jy by haar uitkom. Dit kan intressante leesstof verskaf en ek sou dit vreeslik graag op die webtuiste beskikbaar wou stel. Ek is so spyt dat ek nie vroeër aan die goed gewerk het nie, want aan my kant is daar niemand oor om stories te vertel of dinge te bevestig nie.

Ek maak die volgende afleidings van die inligting wat ek van Jan het nl.

Trou met Malherbe 1877 en het 7 kinders by haar en sy sterwe 1907. Jan is saam met haar in 1943 begrawe.
Trou met Malan 1903 (Hoekom trou hy voor Malherbe se dood - kon hy geskei het) Malan sterwe 2 jaar na Jan
Haar naam Helena du Plessis verskyn op Jan se grafsteen as die Eggenote van Jan. As sy geskei het hoekom na haar soverwys.
Trou met van der Spuy1912 (Hoekom trou hy terwyl Malan nog leef - kon hy geskei het) sy sterf 1922 kon sy vermoor gewees het.
Trou met Voltman1924

Jan se kinders het hom met hul ma begrawe ongeag wat hy voor of na haar dood aangevang het. Daar moes ook 'n sterk verbintenis met Malan gewees het aangesien hulle toegelaat het dat haar naam op sy grafsteen aangebring word. Wonder wat dit was - kan dit wees dat sy hom versorg het tot sy dood.

Ja - Ouma Babs sal moet help

Groete

Danie


picture

Jan married Margaretha Elizabeth Malherbe, daughter of Daniel Gerhardus Malherbe and Margaretha Elizabeth Hendriks, on 1877 Sep 12. (Margaretha Elizabeth Malherbe was born on 1857 Dec 14, died on 1907 Sep 2 and was buried in Klein Drakenstein, Western Cape, South Africa.)


picture

Jan next married Helena Johanna Malan, daughter of David Jacobus Malan and Louisa Margaretha du Plessis, on 1909 Mar 31. The marriage ended in divorce. (Helena Johanna Malan was born on 1858 Jul 7, died on 1945 Dec 21 and was buried in Wellington, Western Cape, South Africa.)


picture

Jan next married Anna Hildegonda van der Spuy (Annie), daughter of Marthinus Petrus van der Spuy and Leonora Elizabeth du Toit, on 1912 Sep 17. (Anna Hildegonda van der Spuy (Annie) was born on 1857 Sep 24, died in 1921 and was buried in Paarl, Western Cape, South Africa.)


picture

Jan next married Helena Susanna Vlotman on 1924 Aug 26. (Helena Susanna Vlotman was born about 1855 and died after 1925.)




Table of Contents | Surnames | Name List

This Web Site was Created 2014 Nov 2 with Legacy 7.5 from Millennia