arrow
Liebenberg, Willem Adriaan
(Abt 1840-)
Schmahl, Johanna Elizabeth
(1840-)
Gerber, Hendrik Hermanus
(Abt 1861-)
Fourie, Hester Johanna
(Abt 1861-)
Liebenberg, Andries Gerrit Jacobus
(1886-)
Gerber, Hester Johanna
(Abt 1886-)

Liebenberg, Willem Adriaan Jacobus
(1926-1997)

 

Family Links

Spouses/Children:
Greyvenstein, Carolina Catharina (Babs)

Liebenberg, Willem Adriaan Jacobus

  • Born: 1926 Mar 13
  • Died: 1997 Aug 8 aged 71
picture

bullet  General Notes:

Dit wil voorkom asof ons 'n voorouer of twee ingemeen het, nl. Jan
Gabriël du Plessis and Margaretha Elizabeth Malherbe.

My Ouma-Grootjie was Gertruida Petronella (Tiekie) du Plessis - Sy word aangewys as Gertruidz, ek dink dis 'n fout aangesien dit 'n
V.O.C. (Hollandse) spelvorm was, wat nie meer so geskryf was in die 1800's nie. U dui haar aan as Gerty, terwyl dit volgens my Tiekie
was, haar dogter weet ek wel was Gerty. My Ouma (haar dogter) is Carolina Catharina (Babs) Liebenberg, nee Greyvenstein. U gee haar
aan as Carolina Regina wat nie korrek is nie, haar jongste suster was Regina wel, sy is Carolina Catharina Greyvenstein (Liebenberg)

U datums is korrek op eerste oog opslag - Ek het fotos van die Greyvensteins en Du Plessis as u belangstel.

Ek sien 'n paar ander foute by die Liebenbergs, maar ek vermoed u stel nie aan dit belang nie, aangesien dit nie op u stamboom van
toespassing is nie.... Indien u wel die foute sou wou reg maak kan u my laat weet en ek sal die inligting deurgee.

Ek het fotos natuurlik van Tiekie du Plessis en Andries Greyvenstein Ek het fotos van Jan Gabriel du Plessis as jong en ouer man, asook die
foto van Margaretha Elizabeth Malherbe.Dan natuurlik van my ouma en oupa Carolina Catharina (Babs) Greyvenstein en Willem Adriaan Jacobus Liebenberg (soos my pa)

Ek is dan Willem Adriaan Liebenberg gebore (1979 10 11) en nie Willem Adriaan Jacobus Liebenberg soos my pa en oupa nie.
My broer is John Liebenberg vernoem na my Ma se Pa John Mitchell. My ma is ook weer Sheila Mitchell nou Liebenberg en nie Shiela nie.
Haar ouers was John David (Basie) Mitchell en Anna Francina Catharina Liebenberg.

Groetnis, wou maar net my inligting deel.

Die volgende stambome het ek volledig dan op my register nageslaan as u ooit inligting op dit sou kortkom.

Liebenberg-stamboom
Mitchell-stamboom

Greyvenstein-stamboom
du Plessis-stamboom

vriendelike groete

Willem Liebenberg

2011/7/25
From : Danie Farr

Hallo Willem

Baie aangenaam om van jou te laat hoor.

Ek will baie graag hê die inligting in die stamboom moet so akkuraat as moontlik wees en dus waardeer ek jou terugvoering. Jy kan gerus vir
my laat weet waar daar foute met die Liebenbergs is sodat ek dit kan regstel.

Moontlik het jy gesien dat jou Ouma-Grootjie, my Oupa Daniel Gerhardus du Plessis se suster is - so jy is "n Agter kleinneef van my kinders.
Ek het weer na my bron gaan kyk wat deur 'n seun van haar opgestel is nl. Andries Jacobus Greyvenstein en jy is reg die spelling is verkeerd,
laatnagte en swak afdruk het die a na 'n z laat lyk.

Het vanoggend met Anna-Marie Zuurmond 'n niggie van my op Williston gesels wat jou Ouma-Grootjie geken het as kind. Haar ma Jacky Blignaut
(du Plessis) was 'n dogter van Daniel. Sy, Jacky en Tiekie het gedurende 1951/2 op De Doorns na my en my broer (Ek was 'n baba) kom
omsien terwyl my ma vir een of ander rede (blykbaar Galblaas) in die hospitaal was. Sy het haar geken as Tiekie. Kan jy glo dat sy 4 jaar
oud was en dat sy nog dit in soveel detail kan onthou.

Foto's het nogal vir my belangrik geword en asgevolg hiervan het ek "Photo Galleries" begin skep wat gekoppel is aan die spesifieke person
in die stamboom. Die idee is om die foto's beskikbaar te stel aan die familie en wie ook al sou belangstel. Natuurlik ook om dit in 'n mate te bewaar. Voorbeeld hiervan is Jan Gabriel du Plessis (1855), in die nota afdeling sal jy die koppeling "Go to Photo Gallery" sien.

Ek sal dit dus vreeslik waardeer as jy vir my enige foto's kan stuur wat relevant is. Dit moet net ten minste 'n resolusie van 300 dpi hê.
Soveel moontlik inligting sal natuurlik baie welkom wees.

Will net ook hoor of jy 'n problem sal hê as ek jou brief en my antwoord net so in jou notas in die stamboom kan plaas.

Familie groete

Danie


From: Willem liebenberg

Ek het al gewonder oor die Du Plessis - Malherbe skakeling.... Ek vermoed daar was 'n sterk verbintenis tussen die ou Genootskap van Regte Afrikaners en die bogenoemde families, veral die Malherbes, maar ek sukkel om die defnitiewe koppelings te maak en dit raak soms net te moeilik om elke liewe geslagsregister op te swot in die Argief.

Nie te min, ek gaan gou na my argief en stuur my fotos deur.

Ja, my ouma grootjie was (volgens wat ek hoor) 'n wonderbaarlike mens.
Hulle het baie swaar gekry na haar man se dood. Sy was 'n onderwyseres, en het alleen haar kinders groot gemaak. Hulle het in die Oos-Kaap gebly, maar dinge het skynbaar ook maar swaar gegaan daar.

Terloops, my Ouma Babs is op die plaas Nooitgedaght gebore. Dink amper dit was haar neef se plaas, Daniel du Plessis of Malherbe.

Ek sien u het die name Daniel Gerhardus gerky, gewonder of daar moontlik 'n verbintenis was.

Ek stuur gou die fotos en ander bykomende inligting vir u stamboom.


picture

Willem married Carolina Catharina Greyvenstein (Babs), daughter of Andries Jacobus Greyvenstein and Gertruida Petronella du Plessis (Tiekie).



Table of Contents | Surnames | Name List

This Web Site was Created 2014 Nov 2 with Legacy 7.5 from Millennia